'n VERHAAL VAN WARE LIEFDE

'n VERHAAL VAN WARE LIEFDE



      Ek wil jou graag vertel van 'n man wat verlief geraak het op 'n prostituut. Nadat hulle getroud is en daar verskeie kinders uit die huwelik gebore is het die vrou egter teruggekeer na haar ou leefwyse. Sy het op die strate 'n eensame lewe geleef. Na 'n groot soektog het die man weer sy vrou opgespoor en gese. "Jy sal nie meer hoereer nie, van nou af sal jy net myne wees en ek net joune". Hy het dit gese omdat hy haar nog steeds baie liedgehad het ondanks wat sy gedoen het.

      Het jy geweet dat hierdie man se naam was "Hosea" en sy vrou was "Gomer"? Hulle verhaal kom in die Bybel voor. God het hierdie verhaal laat opteken in die Bybel sodat Hy sy groot liefde aan ons kan illustreer al het ons geen belang in 'n verhouding met Hom nie. "Liefde" is een van die belangrikste temas wat in die Bybel voorkom en dit was in liefde wat God na ons uitgereik het selfs toe ons sondaars was.(Rom 5:8)

      Nadat die Fariseers en skrifgeleerders beswaar aanteken omdat Jesus sondaars ontvang en saam met hulle eet vertel Jesus in Luk 15:3-7 die volgende verhaal. "Se nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, todat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. As hy by die huis kom, roep hy sy vriende bymekaar en se vir hulle: `Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry'.

      Ek se vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie".

      Is jy miskien die verlore skaap waarvoor Jesus soek? Die profeet Jesaja het gese "Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op Hom (Jesus) laat afkom." Jes 53:6

      Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog sit 'n jong soldaat een aand sy suster se brief en beantwoord waarin sy tot hom pleit om 'n Christen te word. Die Kapelaan wat by hom staan sien dat die jong soldaat sukkel om die besluit te neem. Ook hy begin toe by die jongman pleit om sy lewe vir Jesus Christus te gee. Ten einde laaste stem die jongman in en kniel binne sy tent waar hy sy hart en lewe aan die Verlosser opdra. Kort na hierdie stap sterf die jong soldaat tydens een van die veldslae. By sy graf het die Kapelaan die volgende te se gehad. "Terwyl ek in gebed by sy graf staan en kyk na hom waar hy in sy graf le, is ek baie dankbaar dat ek daardie aand nie opgehou het voordat hy sy lewe aan die Here toevertrou het nie". (Individual Work for Individuals, p. 89-90)

Wat van jou? DIE EEN WAT JOU LIEFHET WAG OM VAN JOU TE HOOR!

E-mail: WJoKrow@aol.com

Tract No. 10 by Don Krow


~back~